Skip to content

Aanklagte amptelik teruggetrek teen Masemola in tenderbedrogsaak van R360-miljoen

# Strafregtelike aanklagte is teruggetrek teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, in die Pretoriase Landdroshof. Hy het tereggestaan ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor ‘n tender van 360-miljoen-rand tussen die polisie en Medicare 24 van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Masemola is geskors nadat hy aangekla is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het versoek dat die aanklagte teruggetrek word nadat die saak hersien en bevind is daar is nie ‘n redelike vooruitsig op suksesvolle vervolging nie. President Cyril Ramaphosa moet nou besluit of Masemola mag terugkeer as kommissaris.