# Krieket: Die veelsydige Jack Edwards kan sy buiging in eendagkrieket vir Australië maak nadat hy opgeroep is om in Suid-Afrika by die span aan te sluit. Hy vervang die snelbouler Billy Stanlake wat ‘n besering opgedoen het. Spencer Johnson is nie deel van die span nie weens ander verpligtinge en hy sal volgende maand by Australië A se 50-boulbeurtspan in Indië aansluit. Die eendagreeks begin Donderdag in Durban, gevolg deur kragmetings in Johannesburg en Potchefstroom voor die drie toetse.
Krieket: Jack Edwards opgeroep vir Australië se eendagspan vir die reeks teen Suid-Afrika