# Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het ‘n toergroep van 26 aangekondig vir Saterdag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Zebre in Parma en volgende naweek s’n teen Munster in Ierland. Die Pretoriase span se eerste tuiswedstryd is die tiende van volgende maand teen die Leeus. Ackermann sê hulle wil dadelik op dreef kom om […]
# Tennis: Die jong Brasiliaan Joao Fonseco neem ‘n blaaskans om geestelik en fisies te herstel na ‘n gebeurtenisvolle seisoen. Die 20-jarige wêreld-nommer-28 word beskou as een van die belowendste jong talente. Hy sê ‘n reeks beserings het hom uit belangrike toernooie gehou en verhoed dat hy kon speel soos hy wou. Fonseca het die […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is om die buitengewone sardynvrektes te bestuur, bly van krag. Dit volg al is geen nuwe grootskaalse sardynvrektes aangemeld nie, buiten ‘n afsonderlike voorval toe vars sardyne verlede week naby Mbotyi aan die Noordelike Wildekus uitgespoel het. ‘n Woordvoerder, Zolile […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het 13 veranderings aangebring aan sy opdrafspan vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Die senter André Esterhuizen is kaptein en net die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker bly oor van die span vir die laaste toets teen die All Blacks. Jan-Hendrik Wessels, Zachary Porthen […]
# Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in […]
# Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers steun die doelwit om verhogings in mediese skemabydraes so laag moontlik te hou, maar beklemtoon dit kan nie net deur bydrae-riglyne bereik word nie. Die Raad op Mediese Skemas het aanbeveel verhogings in bydraes vir die 2027-voordeeljaar moet op 3,8-persent gegrond wees. Besturende direkteur Katlego Mothudi sê gesondheidsorgverskaffers en groot […]
# Die ekonoom Thabi Leoka sê motoriste kan volgende maand rekordhoë brandstofpryse verwag. Syfers van die Sentrale Energiefonds toon die prys van 95-oktaan loodvrye petrol kan met twee-rand-78 tot 29-rand-70 styg. Dit oortref die vorige rekord van 28-rand-6-sent in Junie. Die groothandelprys van diesel kan 33-rand-5-sent per liter bereik. Die verwagte stygings word toegeskryf aan […]