# CapeNature sal vanaf die begin van volgende maand nuwe fooie vir kommersiële verfilming by reservate regoor die Wes-Kaap instel. Die nuwe tariefstruktuur sal produksies volgens die grootte van filmspanne hef, met ‘n nuwe kategorie vir produksies met meer as 100 mense. Fooie sal ook styg vir permitte, basiskampe en omgewingsbeheerbeamptes. Die uitvoerende hoof van […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die regering moet dringend ‘n plan instel om ou voertuie te herwin terwyl werksgeleenthede beskerm en geskep moet word. Die vereniging waarsku Suid-Afrika kan sonder behoorlike herwinningsreëls toegang tot die Europese mark verloor, wat miljarde rande in uitvoere en baie werksgeleenthede in gevaar kan stel. Die woordvoerder van MISA, Phakamile Hlubi-Majola, […]
# FNB het vier Afrika-toekennings gewen by die 2026 Global Finance World se toekennings vir die beste digitale bankdienste. Die bank is aangewys as Afrika se Beste Mobiele Bankdienste-toepassing, Beste Gebruikerservaringsontwerp, Beste in Transformasie, en Beste Inligtingsekerheid en Bedrogbestuur. FNB het ook verskeie Suid-Afrikaanse toekennings ontvang en sal nou oorweeg word vir die algehele streeks- […]
# Statistiek Suid-Afrika sê 85-persent van mense 16 jaar en ouer het verslawing, dwelm- of alkoholmisbruik as die hoofoorsaak van geweld teenoor vroue en kinders geïdentifiseer. Die woordvoerder, Boitumelo Mooketsi sê die jongste verslag oor slagoffers van misdaad uit die verslag oor regering, openbare veiligheid en geregtigheid dui daarop dat meer as 80-persent van vroue […]
# ActionSA het die stadsbestuurder van eThekwini, Musa Mbhele, by die Nasionale Vervolgingsgesag aangegee oor beweerde korrupsie wat verband hou met die Phoenix-behuisingsprojek. Dit volg nadat die Spesiale Ondersoekeenheid bewyse van korrupsie gevind het en aanbeveel het verskeie maatskappye en individue moet op die swartlys geplaas word. Alan Beesley van ActionSA sê sommige van die […]
# Bontebok Nasionale Park in die Wes-Kaap het weer vir die publiek oopgemaak nadat dit in Mei deur verwoestende vloede beskadig is. Die vloede het chalets, die piekniekterrein en die hooftoegangspad beskadig, met herstelwerk wat na verwagting sowat 12-miljoen-rand sal kos. Herstelwerk aan die oorblywende fasiliteite en roetes is steeds aan die gang. Die minister […]
#Die VF Plus sê Ekurhuleni se jongste burgemeestersverslag toon ernstige finansiële en diensleweringsdruk. Denise Janse van Rensburg van die party sê dit toon van die 231 beloftes wat in die vierde kwartaal van 2025/26 gemaak is, is slegs 58, of nagenoeg 25-persent, voltooi, 35 is aan die gang en 138 is steeds uitstaande. Die verslag […]
# Die Zambiese president Hakainde Hichilema is vir ‘n tweede vyfjaartermyn ingesweer tydens ‘n seremonie wat deur duisende by die Heldestadion in Lusaka bygewoon is. Hichilema is dieleier van die Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling en het 60,49-persent van die stemme verower in die presidensiële verkiesing op 13 Augustus teen die hoofopposisieleier Brian Mundubile. Hy […]
# Stad Tshwane gaan voort met planne om sy eie Hooggeregshof-skikkingsooreenkoms met Kleinfontein te betwis, al het die Afrikaner-only township sy finansiële en administratiewe verpligtinge ingevolge die ooreenkoms nagekom. Kleinfontein Aandeleblok, die onderneming wat die skikking bestuur, het gister sy uitstaande agterstallige skuld betaal en ‘n omvattende aansoek ingedien om die grond te ontwikkel, wat […]