Skip to content

Russiese aanvalle op nywerheidspersele in Oekraïne eis vier lewens

# Rusland het aanvalle op nywerheidspersele in suidoos- en sentraal-Oekraïne uitgevoer waarin vier mense dood en ses beseer is. Missiele, hommeltuie en artillerie het verskillende stede getref en sakegeboue en pakhuise is beskadig. Oekraïne se Lugmag sê die aanvalle is onder meer uitgevoer met vier kruiser-missiele en 212 hommeltuie. ‘n Afsonderlike Russiese aanval op ‘n energie-aanleg in die noordelike streek Chernihiv het sowat 100-duisend huishoudings sonder krag gelaat.