# City Power het die elektrisiteit na die perseel van die Pan-Afrika-parlement in Johannesburg afgesny weens ‘n uitstaande munisipale rekening van 37,2-miljoen-rand. Die jongste betaling van 50-duisend-rand is verlede week gemaak. City Power-woordvoerder Isaac Mangena sê die Suid-Afrikaanse regering is verantwoordelik vir reëlings rakende die parlement se huisvesting, terwyl die Departement van Openbare Werke histories verantwoordelik is vir huurbetalings. Hy sê staatsinstellings is nie van kredietbeheermaatreëls vrygestel nie:
City Power sny kragtoevoer af na Pan-Afrika-parlement weens uitstaande skuld van R37,2-miljoen [KLANK]
ENG MangenaONParliament