# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor berigte dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, SASSA, miljoene rande skuld vir die huur van kantore reg oor die land. Die agterstallige huurgeld sluit in 16,5-miljoen-rand vir die Rekordbestuur-sentrum waar sensitiewe organisatoriese rekords bewaar word. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê hierdie administratiewe versuim kan ernstige gevolge inhou. Hy het SASSA se uitvoerende hoof gevra om ʼn onafhanklike ondersoek in te stel en alle amptenare wat verantwoordelik is vir mislukkings rondom die bestuur en betaling van huur, aanspreeklik te hou:
Staatsdiensvakbond vra aanspreeklikheid oor SASSA-versuim met huur-kwessies [KLANK]
ENG NaickerONUpaidRent