# Krieket: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê Kagiso Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks van drie wedstryde teen Australië sal afhang van sy vordering met rehabilitasie. Die snelbouler het verlede maand tydens oefening sy dyspier beseer. Hy het reeds die maand se eendagreeks teen Australië weens die besering misgeloop. Conrad sê hy is vol […]
# President Cyril Ramaphosa het ʼn nuwe proklamasie en ʼn wysiging uitgevaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om bewerings van ernstige wanadministrasie en korrupsie in die Oos-Kaapse Buffalo City-munisipaliteit en die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings te ondersoek. Die Buffalo City-ondersoek sal fokus op verkryging-onregmatighede wat verband hou met ses kontrakte vir die bou […]
# Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, sê die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sal nie die name bekend maak van Suid-Afrikaners wat deur die onlangs aangekondigde visumbeperkings geraak word nie. Die beperkings, wat verlede week aangekondig is, is gemik op individue wat deur die VSA beskuldig word van betrokkenheid by rassediskriminasie. Dit […]
# Die groot Amerikaanse televisienetwerke NBC, ABC, CBS en Fox News steun CNN deur hul gesamentlike mediadekking van die Withuis te staak. Hulle sal nie verslag doen oor president Donald Trump se geleenthede nie. Dit volg nadat Trump CNN, Politico en MS NOW toegang tot die Withuis geweier het, na beweringe dat die organisasies “fiksie […]
# Die nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die negende vrou wat sedert Julie vanjaar […]
# Die SOS Support Public Broadcasting-koalisie doen ‘n beroep op sterker voorspraak ter ondersteuning van openbare diensmedia regoor Suider-Afrika. Dit volg na die koalisie se derde jaarlikse simposium oor openbare diensmedia in Johannesburg, wat belanghebbendes uit die mediasektor van Suid-Afrika, Botswana, Malawi, Namibië en Zimbabwe byeengebring het. Tydens die vergadering is ‘n vyfpuntplan aanvaar om […]
# Suid-Afrika se voorgestelde nuwe reëls vir oorgrenstransaksies met kriptogeldeenhede kan beleggings ter waarde van miljarde rand in gevaar stel. Die uitvoerende hoof van die internasionale kripto-beurs VALR, Farzam Ehsani, sê potensiële buitelandse beleggings van minstens 2,2-miljard-rand in Suid-Afrikaanse kripto-ondernemings is reeds op ys geplaas. Dit sluit ‘n voorgestelde belegging van 1,6-miljard-rand in, asook twee […]
# Nuwe navorsing toon mense gebruik daagliks sowat 28-persent minder woorde as in 2005. Navorsers het opnames ontleed van meer as twee-duisend mense in 22 studies wat tussen 2005 en 2019 gedoen is en bevind die aantal woorde wat mense daagliks gebruik, het jaarliks met sowat 338 afgeneem. Dit was selfs meer onder mense jonger […]
# Dangote Petroleum Refinery in Nigerië beoog om aandele op die New York-aandelebeurs te noteer na hy die kapasiteit van een van die wêreld se grootste aanlegte vir die raffinering van ru-olie verdubbel het. Die aanleg, wat reeds 700-duisend vate ru-olie per dag verwerk, beoog om tot 26-miljard-rand in te samel deur middel van ‘n […]