Skip to content

SA se beplande kripto-regulasies kan transaksies van miljarde rand in gedrang bring

# Suid-Afrika se voorgestelde nuwe reëls vir oorgrenstransaksies met kriptogeldeenhede kan beleggings ter waarde van miljarde rand in gevaar stel. Die uitvoerende hoof van die internasionale kripto-beurs VALR, Farzam Ehsani, sê potensiële buitelandse beleggings van minstens 2,2-miljard-rand in Suid-Afrikaanse kripto-ondernemings is reeds op ys geplaas. Dit sluit ‘n voorgestelde belegging van 1,6-miljard-rand in, asook twee kleiner transaksies van onderskeidelik 250– en 350-miljoen-rand. Die voorgestelde reëls kan Suid-Afrikaanse ondernemings verhoed om kriptogeldeenhede of sogenaamde “stablecoins” vir oorgrensbetalings te gebruik. Openbare kommentaar word tot 30 September ingewag.