Nuus 07:00
BULLETIN 22 September 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Roelf Meyer sê Suid-Afrika moet sy boodskap korrek aan die VSA oordra
# Suid-Afrika se beplande beperkings op kripto-bates kan transaksies ter waarde van miljarde raak
# En krieket: Die Proteas-afrigter is vol vertroue dat Rabada gereed sal wees vir die toetsreeks teen Australië
# Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Roelf Meyer, sê die bilaterale verhouding tussen die twee lande moet deur dialoog herstel word. Diplomatieke spanning het verskerp na nuwe visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaners ingestel is wat betrokke is by beleid wat grondonteiening sonder vergoeding, rassediskriminasie en aanhitsing tot geweld teen minderheidsgroepe toelaat. Meyer sê Suid-Afrika moet ook wat hy noem “misverstaan en wanvoorstelling” van die land se grondwetlike raamwerk en demokrasie aanspreek:
# Die SA Suikerrietkwekersvereniging sê kleinhandelaars en voedselvervaardigers versuim om ‘n verbintenis om Suid-Afrikaanse vervaardigde suiker te koop, na te kom. Volgens die vereniging het plaaslike suikerverkope oor die afgelope drie seisoene met 20-persent gedaal, ten spyte van genoeg plaaslik vervaardigde suiker om aan die vraag te voldoen. Die woordvoerder van die vereniging, Higgins Mdluli, sê sommige kleinhandelaars verkoop suiker uit lande soos Eswatini, wat plaaslike boere en werkgeleenthede benadeel. Mdluli het kleinhandelaars aangespoor om die 95-persent plaaslike verkrygingsverbintenis na te kom.
# Suid-Afrika se voorgestelde nuwe reëls vir oorgrenstransaksies met kriptogeldeenhede kan beleggings ter waarde van miljarde rand in gevaar stel. Die uitvoerende hoof van die internasionale kripto-beurs VALR, Farzam Ehsani, sê potensiële buitelandse beleggings van minstens 2,2-miljard-rand in Suid-Afrikaanse kripto-ondernemings is reeds op ys geplaas. Dit sluit ‘n voorgestelde belegging van 1,6-miljard-rand in, asook twee kleiner transaksies van onderskeidelik 250- en 350-miljoen-rand. Die voorgestelde reëls kan Suid-Afrikaanse ondernemings verhoed om kriptogeldeenhede of sogenaamde “stablecoins” vir oorgrensbetalings te gebruik. Openbare kommentaar word tot 30 September ingewag.
# President Cyril Ramaphosa het ‘n nuwe proklamasie en ʼn wysiging uitgevaardig wat die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming gee om bewerings van ernstige wanadministrasie en korrupsie in die Oos-Kaapse Buffalo City-munisipaliteit en die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings te ondersoek. Die Buffalo City-ondersoek sal fokus op verkryging-onregmatighede wat verband hou met ses kontrakte vir die bou van swembaddens, afbreek van mure en waterprojekte. Die ondersoekeenheid se woordvoerder, Selby Makgotho, sê by die Gautengse departement sal twee tenders ondersoek word:
# Aanklaers in die Verenigde Koninkryk het die heel eerste keer ʼn klag teen ʼn persoon ingedien weens beweerde betrokkenheid by die 1994-volksmoord teen die Tutsi in Rwanda. Die 65-jarige dokter Vincent Brown, voorheen Vincent Bajinya, is aangekla van ‘n oortreding wat met volksmoord verband hou, en ses oortredings wat verband hou met moord as ‘n misdaad teen die mensdom. Die Britse Vervolgingsdiens sê hy het na bewering dade van moord en volksmoord beplan en aangehits waarna ander dit uitgevoer het. Brown sal vandag in die Westminster-landdroshof verskyn.
# Krieket: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê Kagiso Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks van drie wedstryde teen Australië sal afhang van sy vordering met rehabilitasie. Die snelbouler het verlede maand tydens oefening sy dyspier beseer. Hy het reeds die maand se eendagreeks teen Australië weens die besering misgeloop. Conrad sê hy is vol vertroue dat Rabada gereed sal wees vir die toetsreeks:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-26-sent teen die dollar, 18-rand-64-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-644-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-348-dollar-51-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 101-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….