# Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis, Micah Reddy, wat deur die owerhede in Djiboeti aangehou is, is gister ongedeerd en sonder enige klag vrygelaat. Hy en sy plaaslike skakelpersoon, Kooki Mahmoud, wat ook vrygelaat is, het Saterdagmiddag uit hul hotel in dié Oos-Afrika-land verdwyn. Reddy is die Afrika-koördineerder van die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Niall […]
# Die DA het ‘n dringende aansoek by die Verkiesingshof ingedien waarvolgens die EFF, ActionSA, die MK-party en die GOOD-party beskuldig word dat hulle doelbewus kandidate vir kiesers wegsteek. Die party beweer die partye verbuig die reëls deur die verkeerde vertolking van die wet. Die Verkiesingskommissie laat ‘n party toe om bykomende name na ‘n […]
# President Donald Trump sê hy staan voor ‘n groot besluit oor Iran: ‘n ooreenkoms of algehele vernietiging. Hy het gister die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies toegespreek, waar hy sy dank uitgespreek het teenoor die VN-Veiligheidsraad vir sy eenparige steun vir die VSA se 20-punt-vredesplan vir Gaza, en die amptelike goedkeuring van die […]
# Die Oogheelkundige Vereniging van Suid-Afrika waarsku ‘n wêreldwye toename in bysiendheid verhoog die gevaar van ‘n los netvlies en blindheid. Die waarskuwing volg voor Oogsorgbewusmakingsmaand, wat Woensdag begin en tot 18 Oktober duur. Viresh Dullabh van die vereniging sê meer skermtyd en minder tyd in die buitelug dra by tot die toename in bysiendheid […]
# Die Noordwes-Universiteit het ‘n vennootskap met die Suid-Afrikaanse Instituut van Professionele Rekenmeesters en ‘n geakkrediteerde opleidingsentrum aangegaan om aan drie uitmuntende gegradueerdes ‘n direkte roete na die rekeningkundige beroep te bied. Die gegradueerdes sal kontrakte van drie jaar by Danie Rothman Accountants in Potchefstroom ontvang om hul klerkskap te voltooi en praktiese werkplekervaring op […]
# Rugby: Die agsteman Jasper Wiese speel Sondag sy 50ste toets vir Suid-Afrika nadat hy op die bank gekies is vir die kragmeting met die Wallabies in Perth. Die 30-jarige het sy buiging in 2021 gemaak. Die veelsydige senter André Esterhuizen voer die span aan in Siya Kolisi se afwesigheid en word die 68ste Springbok-kaptein. […]
# Swem: Suid-Afrika se viermalige Olimpiese medaljewenner, Tatjana Smith, sê haar terugkeer uit uittrede is gemik op voorbereiding vir 2028 se Spele in Los Angeles. Sy het ingeskryf vir die 50-, 100- en 200-meter borsslag op die Suid-Afrikaanse kortbad-kampioenskap in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die 29-jarige Smith het uitgetree na 2024 se Spele in Parys, waar sy […]
# Die Stad Kaapstad sê sy program vir die deurstroming van elektrisiteit, bekend as wheeling, het ‘n mylpaal bereik, met ongeveer 3,1-gigawatt-uur elektrisiteit wat deur privaat kragopwekkers aan kliënte te verskaf wat van die stad se netwerk gebruik maak. Die stad beoog ook om die program se kapasiteit oor die volgende aantal jare tot 200-megawatt […]
# Die vakbond Solidariteit sê talle werknemers van die Mangaung-gevangenissentrum in die Vrystaat, wat op 1 Julie vir diens aangemeld het, wag steeds vir erkenning van hul indiensneming, asook vir gereelde betaling en voordele. Die vakbond het die Arbeidshof genader met ‘n dringende aansoek teen die Departement van Korrektiewe Dienste. Theunis van Staden van Solidariteit […]