# Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het sy laaste toespraak voor die Algemene Vergadering gebruik om wêreldleiers aan te spoor om kunsmatige intelligensie te reguleer en om oorloë te beëindig. Guterres het gister in New York ‘n beroep gedoen op ‘n wêreldraamwerk om KI-risiko’s te bestuur, met onafhanklike toesig. Hy het ook […]
# Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê vanjaar se Wêreld-koesisterdagkompetisie toon hoe plaaslike bestanddele op nuwe maniere gebruik kan word. Die Kaapstadse sjef Huwitt Strydom het die kompetisie by Makers Landing in die V&A Waterfront gewen deur Rooibos in die tradisionele Kaaps-Maleise koesister te gebruik. Rooibos was vanjaar se erfenisbestanddeel, ná spekboom verlede jaar. Adele du Toit […]
# Die GOOD-party sê narratiewe van vervolging van witmense kan rasseverdeling verdiep en populistiese politieke partye versterk. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê sulke retoriek ondermyn Suid-Afrika se ná-apartheidooreenkoms en sy verbintenis om rassisme te verwerp. Hy het bygevoeg minderheidsgroepe moet nie geteiken word nie, aangesien Suid-Afrika se demokratiese oorgang wraak teen die wit […]
# Sokker: Real Madrid en Frankryk se voorspeler, Kylian Mbappé, sit sy veldtog vir die Ballon d’Or voort en glo sy vertonings maak hom ‘n sterk aanspraakmaker. Hy was verlede seisoen die top-doelskieter in die Wêreldbekertoernooi, La Liga en die Kampioene-liga. Mbappé het 25 ligadoele aangeteken, 15 in die Kampioene-liga en 10 tydens die Wêreldbekertoernooi. […]
# Die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad nooi gesinne uit om Suid-Afrika se mariene-erfenis tydens die skoolvakansie te verken. Die “Sea Local, Love Local“-veldtog duur van Donderdag tot 5 Oktober en sluit voersessies, kinderaktiwiteite en verlengde openingstye in. Besoekers kan meer leer oor plaaslike spesies, insluitend die galjoen, rooistompneus, Afrika-pikkewyn en swartmosselkraker. Besoekers kan ‘n pikkewynervaring […]
# Tennis: Carlos Alcaraz gaan die naweek se Laverbeker-kompetisie vir Span Europa in Londen binne met ‘n loopbaanrekord van 19-2 teen die Wêreldspan. Die Spanjaard is onoorwonne teen Alex de Minaur en Francisco Cerundolo, terwyl hy met 5-1 teen Taylor Fritz voor is en 3-1 teen Ben Shelton. Hy het ook vir Alexander Bublik geklop […]
# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting op 29 September weer in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van verkragting en seksuele aanranding. Die senior polisie-offisier word daarvan beskuldig dat hy ‘n 18-jarige vrou verkrag het en ‘n 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak het. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Sibiya sal […]
# Die Oos-Kaapse Drankraad doen ‘n beroep op leerders om “Pens Down”-partytjies waar alkohol gebruik word, te vermy terwyl hulle vir hul eindeksamens voorberei. Die uitvoerende hoof van die raad, Nombuyiselo Makala, sê jongmense moet hul prestasies verantwoordelik vier en veilig terugkeer huistoe. Die raad doen ‘n beroep op ouers, skole en gemeenskappe om te […]