# Die Oos-Kaapse Drankraad doen ‘n beroep op leerders om “Pens Down”-partytjies waar alkohol gebruik word, te vermy terwyl hulle vir hul eindeksamens voorberei. Die uitvoerende hoof van die raad, Nombuyiselo Makala, sê jongmense moet hul prestasies verantwoordelik vier en veilig terugkeer huistoe. Die raad doen ‘n beroep op ouers, skole en gemeenskappe om te help om drankgebruik deur minderjariges en onveilige byeenkomste te voorkom. Drankhandelaars word daaraan herinner dit is onwettig om alkohol aan minderjariges te verskaf. Sy sê die raad en die SAPD sal voortgaan om drankverkoopspunte te monitor en op verslae van onwettige aktiwiteite reageer.
Oos-Kaapse leerders aangemoedig om alkohol-aangevuurde “Pens Down”-partytjies te vermy