# Die Spesiale Ondersoekeenheid het vandag toegeslaan op die perseel van die Reguleringsowerheid vir die Private Sekuriteitsbedryf in Centurion. Die Spesiale Tribunaal het verlede Donderdag ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgereik om dokumente te bekom in ‘n voortgesette ondersoek na ‘n 130-miljoen-rand opleidingskontrak van die Werkloosheidsversekeringsfonds vir meer as sewe-duisend leerders landwyd. Die SOE […]
# Freedom Under Law het die afgetrede Appèlhof-regter, Trevor Gorven, as ‘n raadslid verwelkom. Gorven het van 2021 tot en met sy aftrede in April 2024 in die Appèlhof gedien en is bekend vir uitsprake oor openbare aanspreeklikheid, administratiewe geregtigheid, toegang tot inligting en die uitoefening van openbare mag. Die organisasie sê Gorven beskik oor […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, sê die nuwe Strategiese Raamwerk vir Water- en Sanitasiedienste verskuif die fokus van slegs toegang tot water na betroubare dienslewering. Bloom het tydens ‘n geleentheid in eThekwini in KwaZulu-Natal gesê landwyd is daar 13-duisend waterlekke, 58,7-persent water wat geen inkomste oplewer nie en twee-miljoen huishoudings wat […]
# Sokker: Die Bafana Bafana-afrigter Pitso Mosimane sê die span kan by die Springbokke leer, wat sterk mededingend bly ongeag wie hulle teenstanders is. Mosimane sê die druk om plekke in die span kan die beste in spelers na vore bring en selfvoldaanheid voorkom. Bafana is besig met voorbereiding vir die 2027-Afrikabekertoernooi-kwalifiseringswedstryde teen Guinee en […]
# Die herbou van die EFF se partystrukture geniet voorkeur tydens sy sesde Sentrale Verkiesingstaakspan-vergadering in Sandton. Die party se adjunkpresident, Godrich Gardee, sê hul wil ook die party in KwaZulu-Natal versterk in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. Gardee het aan die SABC gesê die party is tevrede met sy vordering en gereed vir 4 […]
# Build One South Africa het gereageer op die DA se jongste behuisingsbelofte vir Kaapstad en dit as “te min, te laat” bestempel. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het gister in die aanloop tot die plaaslike verkiesing, ’n nuwe plan vir bekostigbare behuising bekendgestel. Roger Solomons van BOSA sê egter die syfers dui aan daar is […]
# Die Burgerlugvaart-owerheid ondersoek ‘n vliegongeluk op die Morningstar-vliegveld noord van Kaapstad. Die vlieënier en twee passassiers het oorleef toe die vliegtuig vanoggend kort na opstyging neergestort het. Hulle het net ligte kopbeserings opgedoen, en daarna hospitaal toe geneem vir waarneming. Die Piper Cherokee was op ‘n plesiervlug toe dit geval het. Dit sal na […]