# Die Burgerlugvaart-owerheid ondersoek ‘n vliegongeluk op die Morningstar-vliegveld noord van Kaapstad. Die vlieënier en twee passassiers het oorleef toe die vliegtuig vanoggend kort na opstyging neergestort het. Hulle het net ligte kopbeserings opgedoen, en daarna hospitaal toe geneem vir waarneming. Die Piper Cherokee was op ‘n plesiervlug toe dit geval het. Dit sal na ‘n veilige plek geneem word terwyl die ondersoek voortduur.
Ongeluk op Morningstar-vliegveld naby Kaapstad laat drie met ligte beserings