Nuus 16:00
BULLETIN 22 September 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Matlala se vrou word in hegtenis geneem vir bedrog
# MISA veroordeel die vrylating van ‘n sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy vroue met die dood gedreig het
# En rugby: Ackermann kondig die Bulle se groep van 26 aan vir die Verenigde Rugby-kampioenskaps-openingswedstryde
# Die vrou van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, Tsakane, is in hegtenis geneem in verband met ‘n beweerde bedrieglike huurooreenkoms. Gauteng se taakspan vir politieke moorde het haar aangekeer nadat verskeie vennote van Matlala aangekeer is. Tsakane word daarvan beskuldig dat sy bankstate vervals het om te help om ‘n huurooreenkoms ter waarde van 95-duisend-rand vir ‘n herehuis in Waterkloofrif, Pretoria, te bekom. Die aantal verdagtes wat in verband met die saak in hegtenis geneem is, staan nou op vier.
# Die Johannesburgse Landdroshof het die vierde keer borgtog geweier aan die selfverklaarde politieke bemiddelaar, Brown Mogotsi. Hy staan tereg op aanklagte van regsverydeling en meineed nadat hy na bewering ‘n sluipmoordpoging op homself nagemaak het in Vosloorus, Gauteng. Landdros Anneline Tlhapi het bevind Mogotsi het versuim om ‘n betroubare en bevestigbare woonadres te verskaf, dat hy nie ‘n betroubare aansoeker is nie en ‘n vlugrisiko inhou:
# Die Motorbedryf-personeelvereniging kritiseer die strafregstelsel nadat die Zimbabwiese sakeman, Lawrence Mudzinganyama, op waarskuwing vrygelaat is ondanks bewerings dat hy vroue in ‘n restaurant in Sandton, Johannesburg, met die dood gedreig het. Hy sal na verwagting op 1 Oktober in die Randburgse Landdroshof verskyn. Phakamile Hlubi-Majola van MISA sê die besluit wek ernstige kommer oor die beskerming van vroue en die wyse waarop dreigemente van geweld hanteer word:
Nuus uit die buiteland:
# Vier mense is dood en ses word vermis nadat swaar reën weens tifoon Dujuan grondstortings en oorstromings veroorsaak het in die ooste van Japan. Die openbare uitsaaier, NHK, berig drie mense is dood in die distrik Chiba en nog een in die naburige Kanagawa. Reddingswerkers soek na vasgekeerdes nadat grondstortings huise naby Tokio getref het. Die storm beweeg nou in ‘n noordoostelike rigting, maar die gevaar van oorstromings en grondstortings bestaan steeds in sekere gebiede. Ongeveer 45-duisend huishoudings is sonder elektrisiteit, met meer as 460 huise wat beskadig is.
# Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het ‘n toergroep van 26 aangekondig vir Saterdag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Zebre in Parma en volgende naweek s’n teen Munster in Ierland. Die Pretoriase span se eerste tuiswedstryd is die tiende van volgende maand teen die Leeus. Ackermann sê hulle wil dadelik op dreef kom om te verhoed dat hulle moet inhaal ná verlede seisoen se reeks van sewe opeenvolgende nederlae. Die groep sluit in die Springbok-heelagter Willie le Roux, losskakel Curwin Bosch en skrumskakels Paul de Wet en Keagan Johannes.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-23-sent teen die dollar, 18-rand-61-sent teen die euro en 21-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 85-duisend-962-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-332-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 99-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….