# Die vakverbond Cosatu sê hy is bemoedig deur die daling in sommige ernstige misdade soos aangedui in die jongste kwartaallikse misdaadstatistiek vir die tydperk tussen April en Junie 2026. Volgens Statistiek Suid-Afrika was daar ʼn daling van 5,9-persent in moorde, 17,6-persent minder huisbrake, en ʼn 21-persent-daling in vragmotorkapings. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê ten spyte […]
# Rugby: Die Springbokke se skrumafrigter, Daan Human, sê dis nie in sy aard om te probeer kul of sy spelers onwettige skrumopdragte te gee nie. Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, het Suid-Afrika beskuldig van onderduimse taktiek in die skrum. Hy beweer die Bokke loop om hul teenstanders in die vaste fasset. Human sê hulle […]
# Die Stad Tshwane waarsku inwoners van Hammanskraal dat dit steeds onveilig is om kraanwater in die gebied te drink as gevolg van voortslepende probleme met watergehalte by die Temba-watersuiweringsaanleg. Die gebied was in Mei 2023 die middelpunt van ʼn cholera-uitbreking waartydens meer as 30 mense dood is. Die metro-woordvoerder, Lindela Mashigo, sê kraanwater wat […]
# Die Goldman Sachs-groep meen Suid-Afrika kan sy beleggingstatus reeds in 2028 herwin, namate graderingsmaatskappye die land se verbeterende finansies en ekonomiese groei beloon. Volgens die ontleding kan die regering se tienjaar-opbrengs in plaaslike geldeenheid moontlik met meer as 100 basispunte tot 7,6-persent daal. Goldman-ekonoom Andrew Matheny sê die groep verwag beter fiskale dinamika, stewiger […]
# Die Padvragvereniging sê die jongste verhoging in die brandstofprys beklemtoon weer hoe blootgestel die bedryf aan die wisselvalligheid van die wêreld se oliemarkte is. Albei grade petrol styg met een-rand-34-sent per liter, terwyl diesel tussen twee-rand-93-sent en drie-rand-15-sent per liter meer kos. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê terwyl brandstofpryse styg, moet […]
# Duitsland het ʼn reeks nuwe maatreëls teen Rusland aangekondig nadat hy Moskou beskuldig het van verlede maand se hommeltuigaanval op die Leipzig/Halle-lughawe. ʼn Hommeltuig met plofstof is in ʼn beveiligde gebied van die lughawe naby ʼn Oekraïnse vragvliegtuig gevind wat gebruik is om militêre voorrade te vervoer. Dit het vermoedelik weens ʼn foutiewe slagdop […]