# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie het kommer uitgespreek oor aanklagte teen die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Hy staar vyf aanklagte in die gesig, insluitend verkragting, mensehandel, bevordering van die seksuele gereedmaking van ʼn kind, en twee van seksuele gereedmaking van ʼn kind. Sibiya word beskuldig dat hy ʼn 16-jarige meisie seksueel gereedgemaak en ʼn 18-jarige vrou verkrag het. Die komiteevoorsitter, Ian Cameron, het aan Newzroom Afrika gesê die gereg moet sy gang gaan:
Parlement se Polisiekomitee is bekommerd oor aanklagte teen Sibiya [KLANK]
ENG CameronOnSibiyaCase