# Suid-Afrika se permanente verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Mxolisi Sizo Nkosi, sê die land dring aan op groter Afrika-verteenwoordiging op die VN-veiligheidsraad. Die raad bestaan uit vyf permanente lede en tien tydelike lede wat vir twee jaar verkies word. Afrika het tans verteenwoordiging onder die raad se verkose lede, maar geen permanente setel nie. Nkosi sê Afrika se saak vir permanente verteenwoordiging is gebaseer op die vasteland se demografiese, ekonomiese en geopolitieke belangrikheid, asook sy regstreekse belang by vrae oor internasionale vrede en veiligheid.
Suid-Afrika dring aan op groter Afrika-verteenwoordiging op die VN-veiligheidsraad