Skip to content

Brasilië se president waarsku teen buitelandse inmenging in komende presidentsverkiesing

# Brasilië se president, Luiz Inácio Lula da Silva, sê sy land sal nie plaaslike of buitelandse inmenging toelaat by wat hy die mense se demokratiese keuse noem nie. Dit kom te midde van toenemende bewerings van buitelandse inmenging by die land se verkiesing in Oktober, waar Lula da Silva sal probeer om ʼn vierde, nie-agtereenvolgende termyn as president verkies te word. Die Brasiliaanse leier het die VN se Nasionale Vergadering in New York toegespreek. Hy sê doeltreffender diplomasie is die enigste manier waarop kollektiewe probleme, insluitend konflikte, suksesvol hanteer kan word.