# Swem: Suid-Afrika se viermalige Olimpiese medaljewenner, Tatjana Smith, sê haar terugkeer uit uittrede is gemik op voorbereiding vir 2028 se Spele in Los Angeles. Sy het ingeskryf vir die 50-, 100- en 200-meter borsslag op die Suid-Afrikaanse kortbad-kampioenskap in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die 29-jarige Smith het uitgetree na 2024 se Spele in Parys, waar sy goud verower het in die 100-meter borsslag en silver in die 200. Die 50-meter-item word die eerste keer ingesluit in die Amerikaanse stad en Smith sê sy gaan daarop konsentreer.
Swem: Smith keer terug met oog op deelname aan Los Angeles 2028