# Die vakbond Solidariteit sê talle werknemers van die Mangaung-gevangenissentrum in die Vrystaat, wat op 1 Julie vir diens aangemeld het, wag steeds vir erkenning van hul indiensneming, asook vir gereelde betaling en voordele. Die vakbond het die Arbeidshof genader met ‘n dringende aansoek teen die Departement van Korrektiewe Dienste. Theunis van Staden van Solidariteit sê hulle vra vir die uitvoering van ‘n bestaande hofbevel oor die werkers se diensstatus.
Solidariteit vra afdwinging van hofbevel oor Mangaung-gevangeniswerkers