# Die Verkiesingskommissie sê meer as 142-duisend kandidate is benoem om vanjaar mee te ding vir die tien-duisend-526 setels in die plaaslike regeringsverkiesing. Dit is 43-persent meer as tydens die 2021-verkiesing, toe sowat 99-duisend benoemings ontvang is. Nagenoeg twee-derdes van die kandidate is mans, terwyl vroue ongeveer 38-persent verteenwoordig. Die voorsitter van die OVK, Mosotho […]
# Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Amerikaanse konserwatiewe aktivis Charlie Kirk vermoor het, pleit onskuldig op aanklagte van moord met verswarende omstandighede en nog ses aanklagte. ‘n Regter in Utah het beslis aanklaers kan die doodstraf eis indien Tyler Robinson skuldig bevind word. Aanklaers het getuienis voorgelê wat volgens hulle bewys […]
# President Cyril Ramaphosa se prokureur, Wim Trengove, sê die onafhanklike artikel 89-panel het nie behoorlik oorweeg of die president doelbewus of te kwader trou opgetree het oor die Phala Phala-diefstal nie. Trengove het aan die Wes-Kaapse Hooggeregshof gesê die paneel het die verkeerde regsvrae gevra en nie al die bewyse behoorlik beoordeel nie, insluitend […]
# Die Verkiesingskommissie sê 546 politieke partye sal op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem, wat 75-persent van alle geregistreerde partye verteenwoordig. Twee-honderd-27 nasionale partye, 33 provinsiale partye, 49 metropolitaanse partye en 237 distriksvlakpartye het kandidate benoem. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het op ‘n nuuskonferensie gesê die hoë vlak van politieke deelname […]
# Estland se Parlement het die grondwetkenner en menseregte-ombud Ülle Madise tot volgende president verkies. Die 51-jarige was onbestrede nadat geen ander kandidaat genoeg parlementêre steun gekry het nie. Madise is sedert 2015 die menseregte-ombud en sal vir ‘n termyn van vyf jaar dien. Sy volg Alar Karis op, wat nie ’n tweede termyn nagestreef […]
# ActionSA versoek maatreëls om toekomstige onderbrekings van die polisie se een-nul-trippel-een-noodlyn in Kaapstad te voorkom. Provinsiale kommissaris Sizakhele Dyantyi het onthul daar is vanaf gistermiddag ‘n tegniese fout sonder ‘n herstel-tydlyn. Dereleen James van ActionSA noem dit onaanvaarbaar, met een-duisend-71 moorde in die Wes-Kaap in die eerste kwartaal. Sy het die polisie versoek om […]
# Dis Toerismemaand en Stad Kaapstad sê slimmer bemarking en verbinding sal toerisme aandryf. Die burgemeesterkomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, het aan Meta gesê bemarking moet belangstelling in besprekings omskep. Hy sê die Dit is Kaapstad-veldtog het die Moederstad in 55 stede wêreldwyd bemark en sowat 250-miljoen mense bereik. Vos sê toerisme het verlede […]
# Die DA sê staatskole in Gauteng skuld munisipaliteite 17,2-miljoen-rand, wat die gevaar van water- en elektrisiteitsafsluitings verhoog. Die LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het die syfer in die wetgewer bekend gemaak. DA-woordvoerder Michael Waters vra ‘n ondersoek na skole se munisipale koste, en ‘n verduideliking hoe die skuld vereffen gaan word sonder om leerprogramme […]