# Die polisie het ʼn deursoekings- en -beslagleggingsoperasie uitgevoer op die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se privaat woning in KwaZulu-Natal en op elektroniese toestelle beslag gelê. In Oktober verlede jaar is ʼn soortgelyke operasie by sy eiendom in Midrand, Gauteng, uitgevoer. Die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die operasie was deel van ʼn voortgesette ondersoek na sake van regsverydeling en bedrog wat verlede jaar by die Durban-Sentraal-polisiekantoor geopen is.
Polisie lê beslag op elektroniese toerusting tydens klopjag op minister Mchunu se huis in KZN