# Die DA in Tshwane verwerp die metro se stap om ‘n nuwe hoofsweep vir die raad te verkies, en meen die argument, dat die aanstelling nodig is om ontwrigting van dienslewering te voorkom, is nie geloofwaardig nie. ‘n Spesiale raadsvergadering vind vandag plaas om die hoofsweep te verkies. Dana Wannenburg van die DA sê […]
# Elf mense, insluitend ʼn swanger vrou, is gisteraand dood en drie ander is beseer in ʼn massa-skietvoorval in Durban se KwaMakhutha-township. Volgens berigte was die slagoffers saam in ʼn huis in die Ziko-gebied toe onbekende aanvallers ingestorm en op hulle losgebrand het. Die oorledenes was in hul middel-30’s. Die aanvallers het ook een van […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus erken hy het kanse gewaag met sy spankeuse vir Sondag se eenmalige toets teen Australië in Perth. Hy het 13 veranderinge aan sy beginspan gemaak, met slegs die slot Eben Etzebeth en die vleuel Ethan Hooker wat oorbly van die span wat die All Blacks 43-28 geklop het in Baltimore. […]
# President Donald Trump se administrasie beplan om oor die volgende 12 maande nog 17-duisend-500 vlugtelinge, veral Afrikaners uit Suid-Afrika, te verwelkom. Trump het herhaaldelik gesê Afrikaners staar weens hulle ras vervolging in die gesig, maar die Suid-Afrikaanse regering ontken dit. Hierdie hervestigingspoging sal die Amerikaanse regering na raming sowat 8,11-miljard-rand kos. Amerika se Departement […]
# Die drukgroep, Cape Independence Advocacy Group, het aan president Cyril Ramaphosa geskryf en gesê hy moet bevestig of Suid-Afrika sy burgers se reg op selfbeskikking erken. Die leier, Phil Craig, sê alle mense se reg op selfbeskikking kry regsvoorrang bo enige parlementêre resolusie, hofbeslissing of grondwetlike bepaling. Hy sê die wet is duidelik: Alle […]
# Die vakverbond SAFTU is bekommerd oor Amerika se toenemende dreigemente teen Suid-Afrika ná die regering se reaksie op Washington se sogenaamde “vyf versoeke”. Amerika het in Junie verlede jaar optrede geëis oor geweld teen boere; die “Kill the Boer”-dreunsang; onteiening sonder vergoeding; aspekte van swart ekonomiese bemagtiging; en die land se standpunt oor buitelandse […]