# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, besoek tans Eskom se navorsing-, toetsing- en ontwikkelingsentrum in Rosherville, Johannesburg, om groen waterstof-tegnologie en skoon energie-navorsing bekend te stel. Dit word gedoen met die oog op die Afrika-groen waterstofberaad later die maand in Kaapstad. Die regering sê die besoek fokus op tegnologie wat ontkoling, ekonomiese […]
# Die DA-leier en burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het strenger optrede teen onwettige storting en rommelstrooiery beloof as die party weer ‘n meerderheid kry in 4 November se plaaslike regeringsverkiesing. Hy het die DA se derde veldtog-belofte by Prinsesvlei bekend gestel en groter skoonmaakdienste beloof, veral in informele nedersettings, en steeds parke, strande en […]
# Die Madlanga-kommissie se kommissaris, Sesi Baloyi, het die voormalige hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, ondervra oor die Nasionale Projekkomitee en hoe inligting rondom ondersoeke gedeel word. Lebeya sê die betrokke afdelings hou geregistreerde projekte dop en inligting word gedeel volgens die aard van elke ondersoek. Hy sê die komitee volg die vordering van […]
# Die Europese Unie en verskeie lidlande het Russiese ambassade-amptenare ontbied oor verlede maand se hommeltuigaanval-poging op die Leipzig/Halle-lughawe in Duitsland. Duitsland het tot die gevolgtrekking gekom Rusland was aanspreeklik en het ‘n reeks maatreëls aangekondig, onder meer die sluiting van ‘n konsulaat en ‘n Russiese kultuursentrum in Berlyn. Rusland sê hy het nog geen […]
# Die VF Plus in Gauteng sê die Ekurhuleni-metro se versuim om aanspreeklikheid vir onreëlmatige besteding af te dwing is onaanvaarbaar. Aanbevelings is tydens Maandag se raadsvergadering ter tafel gelê om meer as 140-miljoen-rand se geskiedkundige onreëlmatige besteding af te skryf. Drie-en-vyftig-miljoen-rand kan nie verhaal word nie weens verlore dokumente en onbeskikbare personeel. Karl Rautenbach […]
# Rugby: Die veteraan-losskakel James O’Connor hoop om die Wallabies in volgende jaar se tuis-Wêreldbekertoernooi te verteenwoordig nadat hy na die Superrugby-span Western Force teruggekeer het. Hy het in 2008 op 17 sy buiging vir die span van Perth gemaak en sedertdien talle ander klubs verteenwoordig, insluitend London Irish, Sale Sharks, die Crusaders en Leicester […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die reeksmoordenaar Rassie Nkuna en die afgedankte polisiebeampte Jacob Chego elk vier lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op die swanger Sabeiliwe Mogashoa en haar man, Lucky, in Pretoria in Maart 2022. Hulle het tereggestaan op 12 aanklagte, insluitend moord, ontvoering en bedrog. Die egpaar is voor hul kinders […]