# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê die massaskietery in KwaMakhutha naby Durban kan verband hou met gevegte oor dwelmgebiede en onwettige vuurwapens. Die polisie soek na verdagtes nadat 11 mense, insluitend ‘n swanger vrou, in die Ziko-gebied doodgeskiet en nog drie gewond is. Ntuli sê berigte uit die gemeenskap dui op dwelmbedrywighede en […]
# Die George-munisipaliteit en die Wes-Kaapse regering het ‘n GO GEORGE-proefroete tussen George-middestad en George-lughawe ingestel. Dit sal weekliks nuwe reiskeuses aan buspassasiers bied, insluitende mense wat op die lughawe werk. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê roete 19 sal daagliks van 5-uur soggens tot 8-uur saans bedryf word. Hy sê busse sal in […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, moedig lande aan om befondsing vir die gesondheid van vroue, kinders en tieners te bevorder. Hy het ‘n hoëvlak-sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering toegespreek oor die kwessie. Lamola sê meer as 3,3-miljard mense woon in lande wat meer bestee aan rentebetalings as […]
# Krieket: Die Protea-kolwer David Miller het sy verbintenis tot die nasionale span herbevestig, al is hy nie vir die 2026/27-seisoen gekontrakteer nie. Die 37-jarige is van Krieket Suid-Afrika se kontraklys verwyder nadat hy die afgelope jaar op ‘n tweeledige kontrak gespeel het wat bedoel is vir spelers wat in slegs een formaat speel of […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump se gesant, Steve Witkoff, het bevestig hy het deur middel van Katarse bemiddelaars met die Iranse afvaardiging vergader tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Trump het vroeër gedreig om Teheran te vernietig indien ‘n ooreenkoms nie bereik word om die oorlog te beëindig nie, of […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die KwaZulu-Natalse polisie opdrag gegee om met ‘n 72-uur-opsporingsoperasie te begin nadat elf mense in KwaMakhutha, Durban, doodgeskiet is. Drie mense is beseer toe gewapende aanvallers ‘n huis in die Ziko-gebied binnegegaan en losgebrand het. Woordvoerder Nonkululeko Phokane sê Dimpane is diep bekommerd oor die voorval, maar […]
# Die polisie het ʼn deursoekings- en -beslagleggingsoperasie uitgevoer op die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se privaat woning in KwaZulu-Natal en op elektroniese toestelle beslag gelê. In Oktober verlede jaar is ʼn soortgelyke operasie by sy eiendom in Midrand, Gauteng, uitgevoer. Die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die operasie was deel van ʼn […]