# Vyf mense is gisteraand dood en elf beseer in ‘n botsing op die kruising tussen Ou Pretoria-hoofweg en Maxwell-rylaan in Midrand, Gauteng. Xolani Fihla van die Johannesburgse Metro-polisie sê ‘n taxi-bestuurder wat in ‘n noordelike rigting gery het, het na bewering ‘n rooi verkeerslig veronagsaam en teen twee voertuie gebots wat in ‘n oostelike […]
# Sokker: Italië hoop op ‘n nuwe era wanneer Roberto Mancini se tweede termyn as hoofafrigter Vrydag begin met die UEFA-nasiesligawedstryd teen België in Rome. Dit sal die Azzurri se eerste mededingende wedstryd wees sedert hulle in Maart teen Bosnië en Herzegowina verloor het in hul laaste Wêreldbeker-kwalifiseerder, wat die viermalige kampioen die derde keer […]
# Krieket: Die snelbouler Adam Milne keer na Nieu-Seeland se T20-groep terug na ‘n afwesigheid van langer as ‘n jaar. Hy is ingesluit in die groep vir volgende maand se tuisreeks teen Indië. Die 34-jarige is beseer nadat hy verlede jaar sy 56ste internasionale wedstryd gespeel het. Afrigter Rob Walter sê die opwindende jong veelsydige […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê die provinsiale Onderwysdepartement vra matrieks om die skoolvakansie verstandig te benut, met die eindeksamen wat oor slegs 20 dae begin. Meer as 71-duisend voltydse kandidate sal na verwagting vanjaar die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in die provinsie skryf. Londt moedig matrieks aan om gebruik te maak van […]
# Rise Mzansi veroordeel die moord op 11 mense, insluitend ‘n swanger vrou, en die besering van drie in KwaMakhutha, KwaZulu-Natal. Woordvoerder Mabinda Seaba sê uiterste geweld het te algemeen geword en hulle eis besliste optrede, aanspreeklikheid en nuwe leierskap. Seaba vra die verwydering van onwettige vuurwapens, die ontwrigting van misdaadnetwerke deur vinnige optrede gegrond […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die nuwe besturende direkteur van die Staats-inligtingstegnologie-agentskap, Magatho Mello, se verbintenis om vertroue te herstel. Hy erken die agentskap se negatiewe openbare beeld, lae kliënte-tevredenheid en nadelige uitwerking op personeel. Claude Naicker van die vakbond sê die herstel van vertroue kan nie beperk word tot veranderings op uitvoerende of […]
# Die burgerlike organisasie Forum for South Africa is bekommerd oor die aanklagte teen die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Die 59-jarige word aangekla van die verkragting van ‘n 18-jarige vrou in ‘n hotel in Sandton, Johannesburg, in Mei, en die seksuele voorbereiding van ‘n 16-jarige meisie tussen Julie en Augustus vanjaar. Die forum se […]