# Krieket: Die Protea-kolwer David Miller het sy verbintenis tot die nasionale span herbevestig, al is hy nie vir die 2026/27-seisoen gekontrakteer nie. Die 37-jarige is van Krieket Suid-Afrika se kontraklys verwyder nadat hy die afgelope jaar op ‘n tweeledige kontrak gespeel het wat bedoel is vir spelers wat in slegs een formaat speel of vir veteraanspelers. Miller sal môre teen Australië sy eerste eendagwedstryd vir Suid-Afrika speel sedert Maart verlede jaar. Sy doelwit is om gekies te word vir volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, Namibië en Zimbabwe.
Krieket: David Miller verbind hom tot Proteas al het hy nie ‘n nasionale kontrak nie