Skip to content

Amerikaanse en Iranse amptenare voer gesprekke tydens VN Algemene Vergadering

# Die Amerikaanse president, Donald Trump se gesant, Steve Witkoff, het bevestig hy het deur middel van Katarse bemiddelaars met die Iranse afvaardiging vergader tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Trump het vroeër gedreig om Teheran te vernietig indien ‘n ooreenkoms nie bereik word om die oorlog te beëindig nie, of die land te help herbou. Witkoff hoop die samesprekings sal vrugte afwerp. Die Iranse Ministerie van Buitelandse Sake sê die bemiddelaar het Teheran se voorwaardes oorgedra, insluitend ‘n einde aan die oorlog en Amerika se vyandelikhede.