Skip to content

Taxi-eienaar Sindane nader hof om verskyning voor Madlanga-kommissie te keer

# Die taxi-eienaar Oupa ‘Bafana’ Sindane het die Hooggeregshof in Pretoria genader vir ʼn interdik om te verhoed dat hy vandag voor die Madlanga-kommissie moet verskyn. Hy wil ook hê die hof moet die kommissie verbied om selfoon-inligting te gebruik waarop beslag gelê is as deel van sy hangende saak oor geldwassery en afpersing van twee-miljoen-rand. Sindane voer aan die selfoon-inligting is onwettig bekom en sal sy regte benadeel. Hy ontken ten sterkste dat hy bande het met korrupte polisielede of sluipmoordenaars gehuur het.