# Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper het, met die doel […]
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se tersydestelling van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se besluit om die ekonomiese bemagtigingskode vir die regsektor in werking te stel. Die party se woordvoerder Jaco Mulder, sê die uitspraak bevestig die beginsel dat ministers wettige vereistes onafhanklik moet oorweeg en beduidende […]
# Twee beskuldigdes in die moord op ‘n vrou op ‘n plaas in Noordwes bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning. Die 55-jarige Hannetjie van Zyl is aangeval by hul plaashek op die Doornpan-pad naby Ottosdal. Haar man, Sarel, het haar met ernstige beserings aangetref en sy is na ‘n hospitaal in Klerksdorp gehaas waar […]
# Die DA in die Wes-Kaap moedig alle kwalifiserende kuns-, kultuur- en erfenis-organisasies in die Kaapstadse metro aan om aansoek te doen vir die Stad Kaapstad se hulptoelaag-befondsing vir die volgende twee boekjare. Benedicta van Minnen van die party sê die stad het in die 2025/26-boekjaar 3,81-miljoen-rand toegeken aan 14 organisasies wat ontwikkelingsprogramme in kuns, […]
# Die Stad Tshwane se Departement van Menslike Nedersettings het ʼn dringende waarskuwing aan inwoners van Mamelodi Uitbreiding Ses en omliggende gebiede uitgereik oor ʼn bedrieglike behuisingsvraelys-slenter. Swendelaars doen hulle voor as verteenwoordigers van die stad en gaan rond met ʼn bedrieglike dokument, Housing Beneficiary Investigation Questionnaire. Die departement se woordvoerder, Doreen Mokgolo, het bevestig […]
# Die Departement van Binnelandse Sake het ʼn riglyn oor asiel-aansoeke teruggetrek wat op 28 September uitgereik is ná ʼn beslissing van die Konstitusionele Hof. Die departement sê die riglyn was ʼn bedryfsmaatreël om die hofbevel in werking te stel en is uitgereik sonder dat minister Leon Schreiber of ander politieke ampsdraers daarvan kennis gedra […]
# Die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, steun strafregtelike aanklagte teen die Stad Ekurhuleni en die Ekurhuleni-watersorgmaatskappy in Gauteng oor voortslepende rioolbesoedeling. Die aanklagte hou verband met die Hartebeestfontein-watersuiweringsaanleg en versuim om ʼn opdrag na te kom wat ingevolge die Nasionale Waterwet uitgereik is. Bloom sê behandelde water het tussen Januarie en September […]