# Ses Zimbabwiërs het erken dat hulle Suid-Afrika as deurgangspunt gebruik het vir Russiese militêre werwing. Hulle word daarvan aangekla dat hulle sonder die vereiste magtiging onwettig buitelandse militêre hulp aan Rusland aangebied of gelewer het. Die erkennings is vervat in ʼn pleit- en vonnisooreenkoms voor die Johannesburgse Landdroshof. News24 berig twee van die ses […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het sekere voertuie herroep weens moontlike veiligheidsgebreke. Dit behels Audi Q3-modelle, Hyundai Santa Fe-hibriedvoertuie en Toyota Hino 700-vragmotors. Audi herroep 235 Q3-voertuie wat sedert April verkoop is nadat vasgestel is die bandmateriaal van die voorste veiligheidsgordels is moontlik nie korrek aan die draagstruktuur geheg nie. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, […]
# Die Madlanga-kommissie het ingestem om Getuie S se getuienis agter geslote deure aan te hoor. Voorsitter Mbuyiseli Madlanga het die getuie opdrag gegee om te getuig op ‘n datum wat nog bepaal moet word, en die bekendmaking verbied van die persoon se identiteit, beroep of enige besonderhede wat die persoon sou kon identifiseer. Dit […]
# Veldbrande in Indonesië het ʼn rokerige dynserigheid veroorsaak wat daartoe gelei het dat talle skole in die buurland Maleisië vandag gesluit is. Die minister van Onderwys, Fadhlina Sidek, het die aankondiging op sosiale media gedoen nadat 37 gebiede ongesonde lugbesoedelingsvlakke aangemeld het. Eerste minister Anwar Ibrahim sê Indonesië se president, Prabowo Subianto, het ingestem […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging beskuldig die regering dat sy stryd teen dwelmsindikate misluk. Dit volg na die ontdekking van dwelmlaboratoriums van miljoene rand in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê volgens getuienis voor die Madlanga-kommissie het politiek en die polisie by dwelmsindikate ingesypel. Hy sê ʼn staat met politieke […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake twyfel of regeringsondersteuning toestande by sukkelende munisipaliteite verbeter. Die departement het 86-persent van sy teikens bereik en ʼn ongekwalifiseerde ouditmening vir die 2025/2026-boekjaar ontvang. Die komiteevoorsitter, Zweli Mkhize, het kommer uitgespreek oor voortslepende water- en sanitasieprobleme en swak aanspreeklikheid by munisipaliteite:
# COSATU vra die Parlement om dringend die Tweede Spesiale Toewysingswetsontwerp te bekragtig om brandstofprysverligting van tien-miljard-rand beskikbaar te stel. Die wetsontwerp wys die geld toe aan die Sentrale Energiefonds se Gelykmakingsfonds om werkers, pendelaars en die ekonomie teen stygende internasionale oliepryse te beskerm. Die vakverbond se woordvoerder, Matthew Parks, sê Amerika se oorlog in […]