# Die Nasionale Verbruikerskommissie het sekere voertuie herroep weens moontlike veiligheidsgebreke. Dit behels Audi Q3-modelle, Hyundai Santa Fe-hibriedvoertuie en Toyota Hino 700-vragmotors. Audi herroep 235 Q3-voertuie wat sedert April verkoop is nadat vasgestel is die bandmateriaal van die voorste veiligheidsgordels is moontlik nie korrek aan die draagstruktuur geheg nie. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê Hyundai herroep 162 Santa Fe MX5-hibriedvoertuie wat verlede jaar verkoop is, weens moontlike wanbelyning van die voorste veiligheidsgordel-ankerpunte:
Verbruikerskommissie herroep voertuie oor gebrekkige veiligheidsgordels [KLANK]
ENG NtabaOnSafetyDefects