# Ses Zimbabwiërs het erken dat hulle Suid-Afrika as deurgangspunt gebruik het vir Russiese militêre werwing. Hulle word daarvan aangekla dat hulle sonder die vereiste magtiging onwettig buitelandse militêre hulp aan Rusland aangebied of gelewer het. Die erkennings is vervat in ʼn pleit- en vonnisooreenkoms voor die Johannesburgse Landdroshof. News24 berig twee van die ses het in samewerking met ʼn Russiese werwer die ander vier se reis- en verblyfreëlings vir Moskou gereël.
Ses Zimbabwiërs erken hulle gebruik Suid-Afrika as deurgangspunt vir Russiese militêre werwing