# Forum for South Africa vra dat ʼn nasionale referendum gehou word oor immigrasie, grensbestuur, asielprosesse en die land se grondwetlike raamwerk. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê mense wat Suid-Afrika wettig binnekom, die wet gehoorsaam en ʼn bydrae tot die samelewing lewer moet met waardigheid en respek behandel word. Hy voeg egter by […]
# Die ANC-Jeugliga vra strenger toepassing van immigrasiewette terwyl die aantal buitelanders by Binnelandse Sake se kantore en vlugteling-sentrums skerp toeneem. Dit volg ná die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die verwerking van asiel-aansoeke. Die liga se woordvoerder, Sindiswa Scheepers, sê die beslissing moenie gebruik word as ʼn oorkoepelende amnestie vir mense wat onwettig in […]
# Die Franse vliegtuigvervaardiger Airbus het verlede maand 72 vliegtuie afgelewer, een minder as in September verlede jaar. Dit bring die totale aantal aflewerings vir die eerste nege maande van die jaar op 547 te staan, wat agt-persent meer is as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar. Biman Bangladesh Airlines het intussen ‘n bestelling […]
# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, het talle veranderinge aan sy span aangebring vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-derby teen die Stormers in Kaapstad. Die besoekers het hul eerste twee tuiswedstryde van die seisoen gewen terwyl die gashere gemengde welslae oorsee behaal het. Die veelsydige Springbok, André Esterhuizen, sal die Haaie aanvoer wat ook […]
# Die polisie in Tshwane het 334 verdagtes vasgetrek tydens ʼn multidissiplinêre misdaadvoorkomingsoperasie in Bronkhorstspruit en Ekangala. Woordvoerder Johan van Dyk sê die verdagtes word onder meer verdink van moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Die polisie het ook nakomingsoperasies uitgevoer wat op immigrasie en sakeverwante oortredings gemik was. Van Dyk sê 19 […]
# Kaapstad het Suid-Afrika se eerste hibriede kragstasie wat deur ʼn metro gebou is, in Atlantis bekendgestel. Dit sal inwoners na verwagting oor die volgende 20 jaar minstens 400-miljoen-rand spaar. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die Helderhoop-sonkrag-en-bergingsaanleg sal krag teen ʼn laer tarief as Eskom verskaf. Hy sê die projek is deel van die stad se […]