# Forum for South Africa vra dat ʼn nasionale referendum gehou word oor immigrasie, grensbestuur, asielprosesse en die land se grondwetlike raamwerk. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê mense wat Suid-Afrika wettig binnekom, die wet gehoorsaam en ʼn bydrae tot die samelewing lewer moet met waardigheid en respek behandel word. Hy voeg egter by die publiek se frustrasie neem toe oor die regering se vermeende versuim om onwettige immigrasie te beheer en die land se grense te beveilig:
FORUM4SA vra ’n nasionale immigrasie-referendum [KLANK]
ENG MashilompaneOnReferendum