# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, sê dit sou ʼn groot risiko veroorsaak as Andrea Johnson aangebly het as hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie. Sy het in Julie bedank ná ʼn rampspoedige verskyning voor die Madlanga-kommissie. Mothibi het aan die Parlement gesê Johnson is nie toegelaat om aan gevolge te ontsnap, […]
# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die teregstelling van ʼn gewese majoor in die Leër wat in 2009 13 ongewapende soldate by Fort Hood doodgeskiet het, sal regstreeks gestroom word. Nidal Hasan sal in Desember deur ʼn vuurpeloton tereggestel word. Hy het erken dat hy in ʼn stampvol mediese gebou losgebrand het […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê die polisie sal nie wetteloosheid duld nie. Dit volg ná gister se gewelddadige betogings teen onwettige buitelanders in Soweto en Durban, waartydens 24 voertuie aan die brand gesteek en winkels geplunder is. Dimpane sê diegene wat verantwoordelik was, sal geïdentifiseer, ondersoek en gearresteer word waar voldoende bewyse […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 09 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering is besig om sy beleid oor vlugtelinge te hersien nadat ‘n Konsitusionele-hofuitspraak tot geweld en verwarring gelei het. Die koerant skryf amptenare soek regsduidelikheid oor asielprosedures te midde van gewelddadige betogings in Durban en Johannesburg. # Mail […]
# Die MK-party het ʼn saak van crimen injuria teen die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, gelê na ʼn beweerde godslasterlike en vulgêre uitbarsting tydens ʼn politieke debat in Augustus. Verteenwoordigers van MK, ActionSA en die Patriotic Alliance het ook deelgeneem toe Zille na bewering godslasterlike taal teen Ayanda Allie van ActionSA gebruik […]