# Rugby: Die eerste plaaslike derbies van die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vind hierdie naweek plaas. Die Bulle is môremiddag gasheer vir die Leeus op Loftus, met afskop om 1:30. Vier-uur verwelkom die Stormers die Haaie in Kaapstad. Die Haaie is bo aan die punteleer ná oorwinnings in hul eerste twee tuiswedstryde, gevolg deur die Walliese […]
# Netbal: Engeland gaan in 2031 weer gasvrou wees vir die Wêreldbekertoernooi – die vierde keer dat die land die toernooi aanbied. Dit sal in Manchester se binnenshuise arena plaasvind nadat Liverpool die toernooi in 2019 aangebied het. Eastbourne was in 1963 die gasvrou en Birmingham het 1995 se toernooi aangebied. Die president van Wêreld-Netbal, […]
# Krieket: ‘n Hewige stryd word verwag in die reeks tussen die twee voorste lande op die Wêreldtoetskampioenskaps-punteleer, Australië en Suid-Afrika. Die eerste toets begin vandag in Durban. Suid-Afrika weet nou hoe om die aartsvyand te klop nadat hulle die eindstryd van die vorige seisoen gewen het. Die skaduwee van die skuurpapier-skandaal van 2018 hang […]
# Motorsport: ‘n Hitte-waarskuwing is vir die naweek se Formule Een-Grand Prix in Singapoer uitgereik. ‘n Waarskuwing was ook van krag vir verlede naweek se wedren in Maleisië en geld nou vir die vierde wedren vanjaar. Dit word uitgereik wanneer daar verwag word dat temperature 31 grade Celsius gaan oorskry. Spanne word dan toegelaat om […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra mense met diabetes en ander chroniese toestande om gereelde voetondersoeke te ondergaan en vroegtydig behandeling te soek om ernstige komplikasies, gestremdheid en amputasies te voorkom. Voetkundiges het tydens die 2025/26-boekjaar meer as 63-duisend pasiënte behandel en meer as 34-duisend mense ondersoek, insluitend meer as 14-duisend mense wat met diabetes leef. […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor e-Regering en Navorsing-en-Ontwikkeling, asook die portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid, vra ‘n onafhanklike ondersoek na ‘n beweerde sekerheidsbreuk wat die provinsiale e-paniek-knoppie-platform raak. Inwoners se persoonlike inligting, insluitend name, liggings en misdaadverslae, is moontlik blootgestel. Die komitees is besorg omdat die Inligtingsreguleerder eers twee weke ná die voorval in kennis […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor […]
# Die Stad Johannesburg het 14 openbare swembaddens oopgestel as deel van ‘n program vir gefaseerde heropening. Die stad sê kwessies oor personeelwerwing, nakoming en instandhouding by die swembaddens is opgelos, en gekwalifiseerde lewensredders is gereed vir diens. Daar word verwag dat nog tien swembaddens van Maandag sal heropen, insluitend in Rabie-rif, Dobsonville, Jabavu, Sydenham […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê sy span besef wat op die spel is wanneer hulle môre teen Orlando Pirates speel in die MTN8-eindstryd op die Moses Mabhida-stadion. Hy mik na nog ‘n trofee nadat hy Sundowns tot oorwinnings gelei het in die Premierliga, die CAF-Kampioeneliga en die Afrika-Asië-Stille Osaan-beker. Cardoso sê […]