# Motorsport: ‘n Hitte-waarskuwing is vir die naweek se Formule Een-Grand Prix in Singapoer uitgereik. ‘n Waarskuwing was ook van krag vir verlede naweek se wedren in Maleisië en geld nou vir die vierde wedren vanjaar. Dit word uitgereik wanneer daar verwag word dat temperature 31 grade Celsius gaan oorskry. Spanne word dan toegelaat om verkoelingstelsels in hul motors aan te bring wat vloeistof deur die renjaers se onderhemde pomp om die hitte te reguleer. Formule Een monitor ook luggehaltekwessies weens rookmis wat deur brande in Indonesië veroorsaak word.
Motorsport: Hitte-waarskuwing ook vir die Grand Prix in Singapoer uitgereik