Skip to content

Stats SA meld ’n afname aan in vervaardigingsproduksie [KLANK] 

# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor die drie maande tot Augustus. Woordvoerder Nicolai Claassen sê motorvoertuie en chemikalieë het die grootste bydraes tot die verkope-toename gelewer:

ENG ClaassenOnAugManufacturing