Skip to content

Rugby: Eerste plaaslike derbies van nuwe VRK-seisoen vind die naweek plaas

# Rugby: Die eerste plaaslike derbies van die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vind hierdie naweek plaas. Die Bulle is môremiddag gasheer vir die Leeus op Loftus, met afskop om 1:30. Vier-uur verwelkom die Stormers die Haaie in Kaapstad. Die Haaie is bo aan die punteleer ná oorwinnings in hul eerste twee tuiswedstryde, gevolg deur die Walliese span Cardiff en die Leeus, wat ook nog onoorwonne is. Die Bulle en die Stormers beklee onderskeidelik die sewende en agtste plek ná gemengde uitslae in die openingsrondes.