# Polisie in KwaZulu-Natal het bevestig dat minstens 14 voertuie gister aan die brand gesteek is tydens gewelddadige betogings in Durban se middestad. Volgens berigte het betogers in ʼn optog teen geslagsgeweld naby die kantoor vir Binnelandse Sake by die March and March-groep aangesluit. Geweld het blykbaar uitgebreek nadat ʼn betoger deur ʼn buitelander aangerand […]
# Ontleders beskou nie die Amerikaanse president, Donald Trump, as ʼn ernstige kandidaat vir vanjaar se Nobelprys vir Vrede nie, wat vanoggend deur die Noorweegse Nobel Instituut aangekondig word. Hy is volgens berigte deur leiers van Israel, Kambodja en Pakistan benoem. Onder die 208 individue en 79 organisasies wat as kandidate geregistreer is, is die […]
# Die beroemde Italiaanse tenoor Andrea Bocelli se konsert in Jordanië kan moontlik geboikot word oor sy steun vir Israel. Eerste minister Benjamin Netanyahu het in 2022 sy konsert in Tel Aviv bygewoon nadat die sanger pro-Palestynse aktiviste se aandrang ignoreer het dat Israel geboikot word. Bocelli het ook in 2010 opgetree by ʼn fondsinsamelingsgeleentheid […]
# Die Britse polisie het erken die lasbrief vir oud-prins Andrew se eiendomme is verkeerdelik toegestaan en moet tersyde gestel word. Die 66-jarige voormalige koninklike is in Februarie in hegtenis geneem vir beweerde wangedrag in ‘n openbare amp oor sy bande met die oorlede veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein. Sy ouer broer, koning Charles, het hom […]
# ‘n Wes-Kaapse vrou is 20-jaar tronkstraf opgelê vir die moord op haar drie agter-kleinkinders. Die 71-jarige Sarie de Villiers van Wellington het erken dat sy in November 2021 opsetlik met haar voertuig teen Bainskloofpas afgery het. Sy het dit oorleef, maar die agtjarige Caleb Booysen en sy jonger broers, Gradwell en Joshua, is dood. […]
# Die Stad Johannesburg vra huiseienaars wat sake-eiendomsbelastingtariewe betaal om te kyk of hulle vir die woontarief kwalifiseer. Die stad sê sake-tariewe word op sommige huise gehef weens die klassifikasie van die eiendom, al word dit as woonhuise gebruik. Eiendomseienaars moet hul munisipale rekeninge nagaan en die vereiste aansoekvorm met stawende dokumente indien. Die stad […]
# Die vakbond Giwusa sê die vervaardigingsektor ondervind ‘n ernstige afname nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op ‘n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die afname […]
# Tennis: Carlos Alcaraz, Jannik Sinner, Naomi Osaka en Coco Gauff gaan deelneem aan die Eenpunt-slam voor volgende jaar se Australiese Ope in Melbourne. Dié ongewone toernooi laat beroepspelers met amateurs meeding, waar elke wedstryd deur ‘n enkele punt in ‘n uitklopformaat beslis word. Die wenner kry prysgeld van sowat sestien-miljoen-rand. Die eindstryd vind op […]
# Tennis: Carlos Alcaraz voel geestelik sterk voor sy terugkeer na die Shanghaise Meesterstoernooi ná sy oorwinning op die Japanse Ope. Die wêreld-nommer-drie het Dinsdag vir Jiri Lehecka in Tokio geklop vir sy eerste titel sedert sy terugkeer nadat ‘n polsbesering hom bykans vyf maande van die baan gehou het. Alcaraz sê sy liggaam pas […]