Skip to content

Wes-Kaapse vrou tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op drie agter-kleinkinders

# ‘n Wes-Kaapse vrou is 20-jaar tronkstraf opgelê vir die moord op haar drie agter-kleinkinders. Die 71-jarige Sarie de Villiers van Wellington het erken dat sy in November 2021 opsetlik met haar voertuig teen Bainskloofpas afgery het. Sy het dit oorleef, maar die agtjarige Caleb Booysen en sy jonger broers, Gradwell en Joshua, is dood. Die kinders was in pleegsorg nadat hulle uit die gesinswoning verwyder is weens hul ouers se dwelmmisbruik. De Villiers het aan Worcester se Streekhof gesê sy het hulle teen ‘n lewe van lyding beskerm.