Skip to content

Tennis: Alcaraz, Sinner en Osaka gaan aan Australiese Ope se Eenpunt-slam deelneem

# Tennis: Carlos Alcaraz, Jannik Sinner, Naomi Osaka en Coco Gauff gaan deelneem aan die Eenpunt-slam voor volgende jaar se Australiese Ope in Melbourne. Dié ongewone toernooi laat beroepspelers met amateurs meeding, waar elke wedstryd deur ‘n enkele punt in ‘n uitklopformaat beslis word. Die wenner kry prysgeld van sowat sestien-miljoen-rand. Die eindstryd vind op 13 Januarie op die Rod Laver-arena plaas voor die Ope op 17 Januarie begin. Die Australiese amateur Jordan Smith het vanjaar se toernooi gewen nadat hy Sinner geklop het onderweg na die titel.