# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê die teregstelling van ʼn gewese majoor in die Leër wat in 2009 13 ongewapende soldate by Fort Hood doodgeskiet het, sal regstreeks gestroom word. Nidal Hasan sal in Desember deur ʼn vuurpeloton tereggestel word. Hy het erken dat hy in ʼn stampvol mediese gebou losgebrand het op soldate wat op mediese ondersoeke gewag het. Dit sal die eerste militêre teregstelling in Amerika wees sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. BBC berig daar word nog gewag op presidensiële goedkeuring en ʼn appèl-hersiening.
Teregstelling van voormalige Amerikaanse majoor wat 13 kamerade vermoor het sal regstreeks gestroom word