Skip to content

MK-party open saak van crimen injuria teen Zille oor vurige debat

# Die MK-party het ʼn saak van crimen injuria teen die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, gelê na ʼn beweerde godslasterlike en vulgêre uitbarsting tydens ʼn politieke debat in Augustus. Verteenwoordigers van MK, ActionSA en die Patriotic Alliance het ook deelgeneem toe Zille na bewering godslasterlike taal teen Ayanda Allie van ActionSA gebruik het. Moja Love het blykbaar besluit om dit nie uit te saai nie omdat hulle nie paneellede se ondertekende vrystellingsvorms kon kry nie. MK en ActionSA vra die televisie-kanaal om die debat uit te saai.