# Die Suid-Afrikaansgebore regsgeleerde Navi Pillay is met die 2026 Nobelprys vir Vrede bekroon vir haar pogings om vrede, menseregte en internasionale reg te bevorder. Pillay, wat tydens apartheid in Durban, KwaZulu-Natal, gebore is, het as Suid-Afrikaanse en internasionale regter gedien, asook as hoof van menseregte by die Verenigde Nasies. Jorgen Watne Frydnes van die […]
# Gholf: Min Woo Lee van Australië is kort op die hakke van die voorlopers in die Baycurrent Classic in Japan nadat hy het met ‘n vyf-onder-baansyfer 67 geopen het. Die 28-jarige is deel van die groep voorlopers op die punteleer op die Yokohama-buiteklub. Die Amerikaner, Jacob Bridgeman is heel voor nadat hy ‘n skitterende […]
# Motorsport: Die Ferrari-renjaer Lewis Hamilton hoop op nat weer vir die naweek se Grand Prix in Singapoer en sê hy floreer as hy in die reën moet jaag. Die sewemalige wêreldkampioen het verlede naweek derde geëindig in Maleisië. Hy het op droëweerbande in gladde toestande begin en van die 18de plek af teruggeveg. Hamilton […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging verwelkom die terugtrekking van Binnelandse Sake se asielriglyn, maar kritiseer die regering omdat daar eers opgetree is ná geweld en ontwrigting. Die beweging sê kommer oor immigrasie, insluitend werksgeleenthede, behuising, veiligheid en openbare dienste, word reeds te lank geïgnoreer. Die beweging vra dringende en volgehoue betrokkenheid in gemeenskappe en beslissende optrede […]
# Die ANC verwelkom adjunkpresident Paul Mashatile se terugkeer tot sy amptelike pligte ná sy herstel. Die party sê hy is bly Mashatile het herstel en is gereed om sy verantwoordelikhede in diens van Suid-Afrikaners te hervat. Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu, wens Mashatile volgehoue goeie gesondheid, krag en voorspoed toe terwyl hy sy […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid, in samewerking met ORBIS International stel vandag ‘n program bekend vir die sifting en behandeling van diabetiese retinopatie by die Tshwane-distrikshospitaal. Dit vorm deel van Oogsorgbewusmakingsmaand en het ten doel om toegang tot oogsorg te verbeter en voorkombare blindheid wat met diabetes verbind is, te voorkom. Die program fokus […]