# Krieket: Wiaan Mulder van Suid-Afrika het Marnus Labuschagne met die laaste bal voor middagete been voor paaltjie betrap om sy tweede paaltjie te neem, met Australië op 84 vir drie op die openingsdag van die eerste toetswedstryd op Kingsmead. Mulder het twee paaltjies vir 17 lopies in agt boulbeurte geneem, terwyl Marco Jansen een […]
# Open Tickets ontken bewerings dat ondersteuners in KwaZulu-Natal doelbewus verhinder is om kaartjies vir môre se MTN8-eindstryd tussen Mamelodi Sundowns en Orlando Pirates te koop. Die kaartjiestelsel het pas nadat verkope verlede Vrydag geopen het, die gees gegee wat tot frustrasie en bewerings van onregverdige toegang gelei het. Open Tickets se uitvoerende hoof, Marnus […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê teenstrydige hofuitsprake oor asielsoekers het immigrasieprosedures bemoeilik. Een uitspraak bepaal asielsoekers moet vrygelaat word terwyl hulle aansoeke verwerk word, terwyl ‘n ander hul aanhouding toelaat. Schreiber het aan die SABC gesê die departement het die howe om duidelikheid genader. ‘n Volbank van regters sal na verwagting […]
# Die afgesette Venezolaanse president, Nicolás Maduro, en sy vrou, Cilia Flores, is aangekla van sameswering om politieke teenstanders en Amerikaanse burgers te martel. Die bykomende aanklagte is in ‘n Federale Hof in New York ingedien, benewens die bestaande aanklagte van dwelmhandel en vuurwapenverwante oortredings. Amerikaanse aanklaers beweer die egpaar het gehelp toesig hou oor […]
# Die Climate Finance Accelerator het 43 Suid-Afrikaanse ondernemings en projekte gehelp om befondsing van 1,6-duisend-miljard rand te bekom, met nog 30-miljoen-dollar wat daarna ingesamel is. GreenCape se bestuurder van die Groen-befondsingsprogram, Lisa Johannson, het die syfers tydens ‘n beleggersbyeenkoms in Kaapstad bekend gemaak. Die Britse-gesteunde inisiatief voorsien nie regstreekse befondsing nie, maar help ondernemings […]
# ActionSA verwelkom die terugtrekking van Binnelandse Sake se riglyn oor asielaansoeke deur ongedokumenteerde immigrante wat onwettig die land binnegekom het. Die party se woordvoerder, Matthew George, kritiseer die regering van nasionale eenheid omdat daar, volgens hom, versuim is om immigrasie-uitdagings doeltreffend aan te spreek. George versoek dringende hervormings om grensbeheer en wetstoepassing te versterk, […]
# Die Britse legende Sir Rod Stewart berei hom voor om ná langer as ses dekades op te hou toer. Die 81-jarige se afskeidstoer, The Final Encore, begin in April volgende jaar in Dublin en sluit konserte regoor Brittanje en Europa in. Stewart sê dit sal sy laaste regstreekse toer wees, maar hy tree nie […]