# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê teenstrydige hofuitsprake oor asielsoekers het immigrasieprosedures bemoeilik. Een uitspraak bepaal asielsoekers moet vrygelaat word terwyl hulle aansoeke verwerk word, terwyl ‘n ander hul aanhouding toelaat. Schreiber het aan die SABC gesê die departement het die howe om duidelikheid genader. ‘n Volbank van regters sal na verwagting later hierdie maand oor die saak beslis. Schreiber waarsku die vrylating van mense wat vir onwettige toegang tot die land in hegtenis geneem is, kan die toepassing van immigrasiewetgewing ondermyn::
Schreiber skryf immigrasie-uitdagings aan teenstrydige hofuitsprake toe [KLANK]
ENG-SchreiberOnCourts